Archive | July 2016

My Kind

SCULPTURE Vrou en kind beeld

My Child

Van die eerste dag van jou wording,

van daai eerste gewaarwording,mdie wete jy is,

het ek jou beskerm.

Van daai eerste oomblik wat ek jou slap lyfie vasgehou het,

het ek belowe ek sal jou altyd beskerm na die beste van my vermoe.

Toe jy jou eerste seerkry gehad het,

het ek my arms vertroostend om jou gevou.

Toe jy jou knee nerf af geval het,

het ek jou opgelig en vertroos.

So se God is Sy liefde vir ons.

Hy sit ook Sy arms om ons as ons seerkry,

Hy lig ons ook op as ons val.

Dus,

In jou grootmens lewe

as ek nie naby is om jou vas te hou nie,

weet dat God daar is,

ALTYD.